• sportsinjuryphysio

KARMA BESOEK CARNARVON

Op Saterdag 19 Februarie het die liefdadigheidsorganisasie Karma Carnarvon besoek.   Karma is in Bloemfontein en Yzerfontein gesetel en is na Carnarvon genooi op inisiatief van Hanlie Snyman, wat reeds 'n geruime tyd met hulle in kontak is.   Gedurende die Kerstyd het Hanlie onder andere kospakkies van Karma ontvang wat uitgedeel is waar daar 'n behoefte was.   Hanlie en Betsie Koen het met die hulp van Karma twee sale in die hospitaal uitgeverf en die kindersaal opgevrolik met sprokieskarakters en speelgoed.   Saterdagaand het die gemeenskap van Carnarvon dankie gesê aan Karma deur die reël van 'n heerlike partytjie by die golfklub.  By die geleentheid het Karma 'n tjek van R3000 aan die nuutgestigte organisasie Asibambane Caretakers oorhandig.  Hanlie en Betsie staan aan die stuur van die nuwe organisasie wat nog groot dinge beplan soos om 'n winkeltjie vir tweedehandse klere te begin en sodoende fondse te bekom vir liefdadigheidswerk.   Meer inligting oor Karma kan op hul webwerf www.karmanetwork.co.za gevind word.



© 2019 by Gerrit Louw