
|
VINNIGE VLAPOEDING (Louisa Louw) Die vlapoeding hieronder is ‘n ou staatmaker wat jou toelaat om jou eie variasies te maak afhangende van wat jy beskikbaar het. Jy kan die koekies, die vrugte en selfs die konfyt varieer, afhangende van wat in die koskas is. BESTANDDELE 50ml Vlapoeier 2-3 Piesangs 2½ E Suiker Halwe blikkie van enige ingelegde vrugte – sonder die sous 500ml Melk ½ pak Gemmerkoekies 5ml Vanilla 3 E Appelkooskonfyt METODE: 1. Meng vla, suiker & melk in diep ± 2 liter bak met klitser 2. Verhit en roer tot ‘opkook’ 3. Roer dan vanilla & konfyt by tot goed gemeng 4. Breek gemmerkoekies in ± agstes en roer by mengsel 5. Sny vrugte & roer dadelik by Bedien warm of koud. ‘n Skeppie Roomys is lekker daarby!
6 MINUUT JOGURT TERT (Annatjie du Plessis) BESTANDDELE 1 pakkie EET-SUM MOR biskuitjies: fyn opgebreek 1 blikkie gekondenseerde melk 500ml Fruit jogurt OF 1 Peppermint Crisp chocolate 1 karamel gekondenseerde melk 500ml ongegeerde jogurt 1 Peppermint Crisp sjokelade 1 Caramel Gekondenseerde Melk 500ml Plain jogurt METODE: 1. Spuit 'n ronde mikrogolf bak met "Spray'n cook" 2. Voer die bak uit met koekiekrummels (of Peppermint Crisp) - laat set in yskas. 3 Klits die gekondenseerde melk en jogurt saam 4. Gooi die mengsel versigtig in die voorbereide houer 5. Plaas die bak op 'n omgekeerde piering in die mikrogolf en bak teen 100% krag vir 6 minute 6. Laat koel af en plaas in yskas om te stol. Die tert kan as nagereg of saam met 'n koppie tee geniet word.
|
DEON SE KRISMISPOEDING (Deon Louw) BESTANDDELE Die poeding 250ml suiker 3 eiers 4 eetlepels appelkooskonfyt 300gm bruismeel 2 eetlepels bakpoeier ½ teelepel sout 2 eetlepels botter of margarien 2 eetlepels asyn 1½ koppie melk 800gm verglansde kersies 100gm verglansde lemoenskil 200gm okkerneut stukkies 400gm gekerfde dadels Die sous 2 x 410gm blikkies ingedampte melk 50g botter of margerien 120g suiker 3 koppies warm water 2 teelepels vanilla METODE Vooraf verhit oond tot 200˚C en wanneer die poeding in die oond is, hou die temperatuur vir 5 minute op 200 grade en draai dit dan af na 180 ˚C vir 40 tot 50 minute. Smeer of spuit 'n oondpan van 18cm x 30 cm x 4.5cm. Klits die suiker, eiers, gesmelte botter en sout en meng die konfyt by. Voeg die asyn, meel, bakpoeier en melk by en meng deeglik. Gooi oor in die oondpan en versprei die kersies, lemoenskil, okkerneut en dadels egalig oor die deeg. Meng die ingedampte melk, botter, suiker, warm water en vanilla in 'n 2 liter bak tot die suier opgelos is. Kook in 'n mikrogolf op hoog tot dit opkook. Roer elke 5 minute. Verwyder die poeding uit die oond wanneer dit goed gebak is en prik met 'n vurk. Gooi die sous oor die poeding en gee dit tyd op in te trek. Plaas terug in oond en laat vir 10 minute sodat die sous kan keramaliseer. Geniet met 'n dun vla of roomys. Genoeg vir 6 tot 8 persone.
|