Carnarvon TuisbladClick for EnglishKontak ons

Karoo Resepte

 

Braai reseptePotjie BoereworsTuisgebakVleisgeregteNagereg

Ons het die mense van Carnarvon gevra om hul gunsteling resepte vir ons te stuur.  'n Aangename manier om jou vriende te onthou, is wanneer jy hul gunsteling resep gebruik.   Nie al die resepte het hul oorsprong in die Karoo nie, maar dit is resepte wat gebruik word deur mense van die Karoo.   Baie van die resepte het waarskynlik selfs hul oorsprong oorsee en ek glo dat baie na Suid Afrika gekom het saam met die kleurvolle versameling van immigrante en self slawe uit ons vroe geskiedenis. 

Braai Resepte:

Lamtjops op die koleKwaai Braai PaaiLamrib op die koleBraaibroodjiesSkilpadjies

'n Vriend het eendag aan my ges dat die mense van California, die Suid Afrikaners en die Australiers almal glo dat hulle die beste in die wreld is as dit kom by braai.   Miskien moet ons op 'n stadium die drie groepe bymekaar kry en kyk wie is die beste.  Wat ek verseker weet is dat om vleis te braai by die meeste Suid Afrikaners tweede natuur is en dat elkeen sy eie metodes en gelowe het oor hoe dit gedoen moet word.   Ongeag die metode of gelowe, die eiendresultaat is gewoonlik 'n wenner.

Net 'n woordie van advies.   Moenie met 'n Suid Afrikaner lol wanneer hy besig is om te braai nie, selfs al glo jy nie in sy metode nie.   Los hom uit.   Hy het dit al baie kere gedoen.  Dit sal uitwerk.

SKAAP- OF LAMTJOPS OP DIE KOLE

Ten spyte van wat ek in die inleiding ges het oor elkeen van ons se eie gelowe en metodes, wil ek nogtans my nek uitsteek en die oningeleide 'n bietjie touwys maak met 'n paar basiese metodes van braai wat vir my werk.

Gewoonlik braai ons lamtjops, maar skaaptjops wat vooraf rypgemaak is, is baie geurig en sag.  Ons braai dit dikwels, want dit is baie goedkoper.

BESTANDDELE

a.   Ek verkies heel saaltjoppies, maar baie mense hou van die deurgesaagde rugtjoppies.   Enige tipe lamtjoppies kan egter werk.    Die voorwaarde is dat dit lekker lamtjoppies is, dan kan enige deel van die lam gebraai word.   My vrou verkies byvoorbeeld bladtjoppies en n boudtjoppie is goeie waarde vir geld.   Deesdae verkies baie huisvroue maerder vleis, maar glo my n maer tjoppie is nie bedoel om gebraai te word nie.   Sny liewer die vetjie af.

b.   Worcestersous

c.   Grof gemaalde swart peper

d.   Grof gemaalde koljander

e.   Sout na smaak

 METODE

Pak die tjoppies oop in n plat bak en strooi die sout peper en koljander liggies oor.   Gooi n paar druppels Worcestersous op elke tjoppie en vryf dit met die vinger oor die tjop, dan verspei die speserye en sout ook sommer egalig.   Volg die prosedure aan alby kante van die tjoppies.   Pak dan die volgende laag op en doen dieselfde.   Ek hou van die donker tipe Worcestersous.

Dis altyd goed om die bostaande voorbereiding reeds n uur of twee voor die tyd te doen sodat die speserye lekker kan intrek, maar as daar nie tyd is nie kan jy dit maar doen en dadelik braai.   As jy bang is die tjoppies is taai, kan jy dit al die vorige dag doen en dit in die yskas hou tot jy dit kan braai.

As dit by die braai kom, is daar soveel verskillende tegnieke, gelowe en smake dat dit moeilik is om raad te gee.   Ek persoonlik hou nie van pienk vleis nie, maar ander hou weer daarvan, daarom vra ek altyd vir my gaste hoe hulle daarvan hou en haal dan van die tjoppies vroer af , indien nodig.

Ek braai weer graag my vleisie vinnig op warm kole sodat dit lekker bruin aan die buitekant is, maar ander laat eers die kole n bietjie afkoel en plaas die rooster hor sodat die tjoppies stadig braai.   Toets maar self wat vir jou werk.   

Saam met die vleis braai ons gewoonlik n stukkie wors ook en ek het gevind dat wors eintlik nie kan aanbrand nie, ongeag hoe warm die kole is.    Dit werk dus baie goed om die wors op warm kole te sit en dit te braai tot die onderkant lekker bruin is en dit dan net eenkeer om te draai tot die anderkant ook bruin is.  Dan is dit gewoonlik gaar, maar nog sappig binne.   Indien jy dit aanmekaar omdraai, bly dit vaal en al die sousies braai uit sodat die eindproduk  droog is.

 

 

 

Terug na Bo

 

LAMRIB OP DIE KOLE

Die rede waarom ek lamrib apart bespreek is omdat hier vir die beste resultate n bietjie n ander tegniek betrokke is.

 BESTANDDELE

Die speserye bly presies dieselfde as vir die tjops, maar hoewel n mens nie n heel maer rib gebruik nie, moet dit darem ook nie te vet wees nie aangesien dit nie so maklik is om n rib se vet af te sny sonder om dit te vermink nie.

As jy n heel rib wil braai, moet jy jou slagter vra om dit net te knak en dan sny jy dit in porsies na dit gebraai is, maar jy kan dit ook in blokkies (8cm x 5cm) laat opsaag en dan braai.

 METODE

Kerf die rib aan die buitekant (teenoorgestelde van die beenkant) met n skerp mes, sodat dit lekker regdeur kan braai en die vetjies lekker krakerig kan braai.   Vryf dan die speserye en Worcestersous goed in.    Dit werk ook goed om die rib reeds vooraf voor te berei.

Braai nou die rib hor op die kole omdat dit makliker brand as jou gewone tjoppies en jy graag wil h dat dit lekker deurgaar moet word.   Omdat die rib n bietjie langer vat om te braai kan jy ook die rooster met die rib reeds terwyl jy vuurmaak, langs die vuur op sy kant laat staan, sodat die braaiproses dan al reeds kan begin.  Net nie te naby sodat die rib brand nie.

Wenk:   Dit werk baie goed om n rib in dun repies te laat opsaag en dan met n spare rib marinade te bedek.    Die ribrepies word dan vooraf gebraai en as n voorgereg bedien terwyl die gaste hul drankies geniet.    Die marinade verdoesel sommer die vetjies sodat vroutjie nie n hartaanval kry as sy sien wat jy eet nie.

 

 

Terug na Bo

LEWER IN NETVET (SKILPADJIES)

Lewerstukkies wat in netvet toegedraai is, is 'n heerlike voorgereggie om die ergste hongerpyne te stil solank die ander kosse gaar word.

BESTANDDELE

500 gm heel lewer

1 kg netvet van 'n skaap of vark

Tandestokkies

Sout en peper

METODE

Sny die lewer in stukkies van ongeveer 5 cm x 2 cm en trek die vliesies af.   Sny die dun gedeelte van die netvet in stukkies wat net groot genoeg is om die lewerstukkies in toe te draai.   Sout en peper die lewerstukkies, draai elkeen afsonderlik in 'n stukkie netvet toe en steek die vet met 'n tandestokkie vas.

Braai vir 10 tot 15 minute op matige kole tot bruin en bedien dadelik

 Terug na Bo

 

 

 

KWAAI BRAAI PAAI

Kwaai Braai Paai in wording Lyk lekker en is baie lekker

Die Kwaai Braai Paai is na 20 minute gereed

Kliek op die fotos om te vergroot

Hierdie pastei wat op die kole bebraai kan word, is ons gunsteling en ons het reeds baie variasies uitprobeer met verskillend vulsels.  Sommige met vleis en ander heeltemal vegetaries.  Probeer gerus jou eie variasie.   Die pastei kan die volgende dag weer koud ge-eet word en is dan net so lekker.

BESTANDDELE

Twee rolle skilferkorsdeeg

Twee dubbelle handevol gesnipperde spinasie

Enige tipe gaar vleis, maar gerookte hoederborsies is lekker

250 gm spek    1 groot ui  1 rooi soetrissie   1 geel soetrissie

250 gm sampioene

100 gm Fetta kaas

100 gm Cheddar kaas

100 gm Mozzarella kaas

1 hoendereier

koppie melk

METODE

Ontdooi die deeg vooraf en rol uit op 'n snyplank.

Braai die ui en spek en laat effens afkoel.

Kerf die vleis, spinasie, kaas en rissies grof.

Plaas nou eers die helfte van die rou spinasie op die deeg, pak dan die vleis op, dan die spek en uie gevolg deur die sampioene.

Sprinkel so nou en dan 'n bietjie van Ina Paarman se Rosemary en Olive speserye en swart peper op - nie sout nie.  Die bestanddele is sout genoeg.

Nou volg die drie kase en laastens word alles afgerond met die ander helfte van die spinasie.

Sit die boonste laag deeg op en vou die rante dig toe.  Dit is nogal 'n ho hopie bestanddele, maar druk dit maar vooraf 'n bietjie plat en sit dan die deeg op.  Verf die deeg met 'n mengsel van eier en melk

Gebruik 'n toebroodjierooster met randjies en braai die pastei nie te laag op die kole nie.  Draai gedurig om en braai vir ongeveer 20 minute tot die deeg mooi bruin is.  Sny in porsies en geniet dit.

Vir 'n vegetariese pastei kan die vleis net uitgelos word.  Dis steeds heerlik.   Maak ook jou eie kombinasies op.

GEROOSTERDE BROODJIES  

Vir ons Kapenaars is geroosterde toebroodjies (Braaibroodjies) n gunsteling.

Wees egter versigtig en maak seker of daar nie van die bestanddele is waarvan van jou gaste nie van hou nie.   Dis maklik om vir elkeen sy broodjie saam te stel volgens sy smaak en dan net die verskillende tipes te merk deur dit met verskillende kleure garing vas te maak.

 BESTANDDELE

1.   Dun gesnyde bruin of wit brood volgens smaak.

2.   Margerine

3.   Soetrissie

4.   Uie

5.   Cheddar kaas

6.   Tamatie

7.   Sout en grof gemaalde swart peper(n titseltjie Oreganum kan ook lekker wees)

8.   Verskillende kleure garing

 

METODE

Sny die onderskeie groente en kaas in repies of skyfies volgens jou voorkeur verkieslik dun.

Smeer die broodjies en pak die groente en kaas op die gesmeerde kant van die een sny volgens elke gas se voorkeur en sit dan die ander sny met die gesmeerde kant na onder bo-op.   

 Indien die broodjies op n oop rooster gebraai word, moet al die broodjies met garing vasgemaak word sodat dit maklik op die rooster omgedraai kan word sonder om uitmekaar te val.   

Dit werk makliker om die broodjies met n toeknyp rooster met randjies te braai en dan hoef net die broodjies wat afwyk van die standaard vulsel met garing vasgemaak te word.

Gewoonlik is die kole net reg as die vleis klaar gebraai is, want die broodjies moet nie op warm kole gebraai word nie en is gou gereed.   Draai elke halfminuut om.

Wenk:   Maak die rooster aan die begin van die braaiproses twee of drie keer oop om te verhoed dat die broodjies vassit aan die rooster.    Wanneer die broodjies n tydjie op die kole was, is hulle droog buite en sal nie meer vassit nie.

Sien Roosterkoek en Potbrood onder "Gebak"

Terug na Bo

 

 

 

 

Potjiekos

LampotjieSkenkelpotjieVegetariese Potjie

BiltongpotjieVegetariese Potjie

SKAAP/LAMPOTJIE

Vir die bestandele hieronder hieronder is n no.3 tot 4 pot nodig.    Genoeg vir 10 persone.

 

BESTANDDELE

2 kg skaap of lamvleis.    Skaapvleis neem net n bietjie langer om te sag te kook maar is meer ekonomies.   Enige deel van die karkas kan werk, maar persoonlik verkies ek vir n potjie of nek of skenkel of n mengsel van die twee.

Sout en swartpeper na smaak

400 ml water

Kookolie

500 gm spek (bacon)

300 ml semi-soetwyn

5 ml gedroogde tiemie

5 ml gedroogde pietersielie

5 ml knoffelvlokkies

300 gm gekerfde groenboontjies gevriesde bone werk goed, maar indien jy mooi jong boontjies kan kry, hoef jy dit nie te kerf nie.   Sny dit in stukkies van so 5cm.

5 groot geelwortels in skyfies gesny

6 tot 8 aartappels in blokkies gesny

1 pakkie soppoeier opgelos in 100ml water

1 blikkie sampioene of ongeveer 250gm vars sampioene

Vir afwisseling, of indien enige van die bostaande groentes nie beskikbaar is nie, kan murgpampoentjies, botterskorsie of geblikte groente ook gebruik word.    Reeds gaar groente kan ongeveer 10 minute voor die einde van die kookproses saam met die soppoeier bygevoeg word. Meng net die kleure sodat die pot mooi kleurvol vertoon.

 

METODE

Indien die spek n vetjie het kan dit eerste gebraai word in die potjie en die uie daarna, maar indien spek met min vet gebruik wor, moet die uie eerste gebraai word met n bietjie olie  en dan die spek.

Nadat die uie en spek gebraai is word dit uitgeskep en eenkant gehou.   Dan word die vleis gebraai tot effe bruin (gooi nog n bietjie olie indien nodig).     Gooi nou sout en swartpeper na smaak op die vleis asook die ander speserye.   Voeg nou die water by en kook die vleis vir 90 minute in die geval van lam en 2 ure in die geval van skaap.

Hou altyd n bietjie water gereed om by te voeg as die pot dalk droog kook.

Pak die gebraaide uie en spek bo-op die vleis.

Pak nou die groente in lae met die wat die langste vat om gaar te word onder m.a.w. die wortels eerste, dan die aartappels en gaan so aan met die sampioene heel bo.    Besprinkel die groente liggies met sout en swartpeper, maar wees versigtig, want die soppoeier moet nog inkom en dis ook sout. Laat kook vir nog 30 minute  en gooi dan die soppoeier en die wyn in.    Laat kook vir nog 10 minute vandat die pot weer begin prut, roer dan net effens deur, sodat die bestanddele meng, maar nie stukkend raak nie.   Lekker eet.

 Terug na Bo

 

HEERLIKE SKENKELPOTJIE

Gebruik n no 3 tot 4 potjie.   10 tot 12 persone kan ruimskoots eet.

 

BESTANDDELE

2 kg lamskenkels

sout en swartpeper na smaak

4 medium uie opgekerf

4 knoffelhuisies fyn opgekerf

2 x  410 gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties

1 x 410 gm blikkie chick peas

1 x 115 gm blikkie tamatiepasta

1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny.   Na dit gekerf is moet dit ongeveer 800gm weeg.

1 koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water.

koppie rooiwyn

2 teelepels komyn

2 teelepels gemaalde koljander

2 eetlepels heuning

6 lourierblare

3 eetlepels witmeel

kookolie

 

METODE

Braai die vleis met n bietjie olie in die ysterpot tot ligbruin.   Sout en peper die vleis.   Voeg ongeveer 400ml water by en kook die vleis oor matige kole vir 90 minute. 

Braai intussen die uie saam met die koljander en komyn tot effe bruin in n dikboom pan en voeg dan die knoffel by en braai nog effens.       Meng nou stadig die beesaftreksel, heuning, wyn, tamatiepuree en tamaties in en stooi die meel oor terwyl aanhoudend geroer word.   Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.

Nadat die vleis vir 90 minute gekook het word die  inhoud van die pan met die vleis gemeng en die  chick peas en buttenut bo-op die vleis geplaas.    Sout liggies en kook vir nog 30 minute.    Roer liggies deur en bedien.

Terug na Bo

VINNIGE LEKKER AANDETE

Hierdie reseppie kom via Pieter Snyman (Carnarvon) vanaf sy sussie in Namibie wat dit skynbaar weer by Annemarie Hugo gekry het.  Ek is seker dis uitgedink deur 'n ma wat vinnig honger magies moet volmaak.

Braai stukkies hoederfillet in olyfolie.   Gooi speserye oor.  Voeg gevriesde geroomde spinasie by.  En siedaar - aandete is gereed.

Saam met 'n broodjie sal dit beslis goed afgaan.   Ek kan dink dat die een ook vinnig en lekker in die binnebraai of buitevuurtjie gedoen kan word met 'n paar stukkies uie, dalk 'n paar sampioene en paar stukkies kleurvolle groente

Terug na Bo

BILTONGPOTJIE

                      

Hierdie watertand potjie resep kom van Johan van Rooyen.

Bestandele:

1kg biltong           1 pak macaroni (of noedels)   5 pakkies sampioene 

1 sakkie koring   5 groot uie   600 tot 700gm kaas    2 glasies room

(Johan se wenk: Hoe meer biltong, kaas, uie of sampioene jy gebruik, hoe lekkerder)

Kook macaroni en koring in water tot reg.

Sny uie en sampioene in stukke en braai in platboompot tot gaar.

Rasper kaas.

Pakin lae in potjie. Begin met die uie, dan sampioene, koring, macaroni en eindig met die kaas.  Herhaal hierdie 2 of 3 keer tot pot amper vol is.   Gooidie room heel laaste oor.  Al die bestanddele is vooraf gekook so laat die pot net goed warm word oor 'n stadige vuur.  Sodra dieboonste kaas gesmelt het, is die potjie reg om te eet.

Johan doen dit in 'n nommer3 potjie en reken dis genoeg vir 12 mense.

Dit klink vingeraflek lekker.

Ek reken as 'n mens nog jou honger so'n ekstra 30 minute in toom kan hou, dan kan jy bo-op voor jy die kaas gooi, nog 'n bietjie kleurvolle groente ook bysit.

 

VEGETARIESE POTJIE

Hierdie potjie se resep het ons oorspronklik by Maretha de Klerk gekry en dit is een van ons gunstelinge. 

Bestanddele:

6 aartappels,    2 tot 3 groot uie,   2 klein patats,   2 gekapte knoffelhuisies,   300gm groenbone,   4 wortels,   250 gm sampioene,   6 murgpampoentjies

Aromat na smaak, varsgemaalde swartpeper, 2 teelepels bruinsuiker, botter of margarien,  1pk "Thick and Creamy Roasted Garlic" sous of iets soortgelyks.

Enige ander groente wat beskikbaar is kan gebruik word (botterskorsie en spinasie is kleurvol en lekker)

Metode:  Oond 180˚

Kook aartappels met of sonder skil tot gaar - sny in skywe

Skil patat in skywe - kook en dreineer

Kook groenbone in ligte soutwater vir  net 12 minute- moet nog mooi ferm en groen wees.

Was murgpampoentjies deeglik - sny in skyfies - kook in ligte soutwater tot nog ferm en groen

Kook alle ander groente in ligte soutwater tot nog ferm

Sny die uie in ringe of kap.  Braai die uie en sampioene in die botter (margarien)

Smeer 'n groterige bak en pak 'n laag aartappels onderin.  Pak daarna al die groente in lae en strooi die spesery liggies oor.  Strooi die bruinsuiker oor die lagie patat.  Vir geur en kleur kan kaas heel bo-op geraspe word.   Maak die sous aan volgens die instruksies op die pakkie en gooi oor die dis.   Bak vir 20 minute in die voorafverhitte oond of kook baie stadig in 'n platboompot op 'n paar kole.  Geen water moet bygevoeg word nie.   As jy baie tyd het hoef niks vooraf gekook te word nie, maar die dis moet baie stadig sonder water gekook word en nie pap gekook word nie.

Indien daar nie regte vegetariers in die groep is nie, kan spek vooraf gekap en gebraai word en ook in lae tussen die groente gepak  word.    Pas die hoeveelhede aan by die getal eters.

BOEREWORS (Elize van der Westhuizen -ou familieresep)

10 pd / 4.5 kg Beesvleis            2 e fyn Koljander      2 pd / 1 kg Varkvleis1 e fyn Kruienaeltjies     3 pd /    1.5 kg Varkspek              1 e fyn Wonderpeper

 3 e Sout      1 t fyn Neut         1 e Peper               2/3 k Asyn

In die Karoo word in hierdie resep dikwels net skaapvleis en skaapvet gebruik.  Veral die lekker sagte vet van die inheemse skaaprasse is heerlik in boerewors.

 Maal die beesvleis en varkvleis en meng dit. Sny die spek in stukke so groot soos klein dobbelsteentjies en voeg by die vleis. Meng die speserye en sout goed en strooi dit oor die vleis. Werk dit goed deur en voeg die asyn by.  Laat dit 1 uur lank staan. Knie dit dan weer goed deur en stop groot, goed skoongemaakte worsderms daarmee.

(Persoonlik verkies ek om eers die speserye en asyn met die vleis te meng en dit dan te maal.  Dit is net makliker om dit gemeng te kry.  Ons voorgeslagte het natuurlik meer geduld en tyd gehad.)

Gerrit: Cell 0828648531   Email plaaspot@gmail.com   Office: 0533823685